• TABLE OF CONTENTS
HIDE
 Cover
 Main














Title: Kalahari Gemsbok National Park : general information = Kalahari-Gemsbok Nasionale Park : algemene inligting
ALL VOLUMES CITATION THUMBNAILS PAGE IMAGE ZOOMABLE
Full Citation
STANDARD VIEW MARC VIEW
Permanent Link: http://ufdc.ufl.edu/UF00085924/00002
 Material Information
Title: Kalahari Gemsbok National Park : general information = Kalahari-Gemsbok Nasionale Park : algemene inligting
Physical Description: Book
Creator: Kalahari Gemsbok National Park
Publisher: Kalahari Gemsbok National Park
 Record Information
Bibliographic ID: UF00085924
Volume ID: VID00002
Source Institution: University of Florida
Rights Management: All rights reserved by the source institution and holding location.

Table of Contents
    Cover
        Cover
    Main
        Page 1
        Page 2
        Page 3
        Page 4
        Page 5
        Page 6
        Page 7
        Page 8
        Page 9
Full Text


























Hoop ons sien jou
summer gou


hSPA P
Algmn i-itn


,IIV49







Kalahari-gemsbok
Nasionale Park

fiih.rdi park i95'9 10-.) /leI iI rp .3 Julii
19:31 i 'priklami,._ir l IifUrlhhk ,lit dik
di.'l mi (ill, iaklm it.-i it ii t iltldl i tf / t ti
koili tlt' k Tl i m.%l mii i (lt (I irt llli 't Pi I.l.
Toegangi4k aaiii I'rk i, Btiuaa, is
D ie Kalalhar i-sbok Nasional ak i\ s ongeve Park
l4t11th1 r M Is t U1 U (I liM ( m i l lorib/It't'-Iu
Lt uitdt ittii fl/.' aiit_'r u'ilt rld ir, norg
>'ir' S.to 'Y At? 'er-"f lierdic wit- park
d.'k ciicarin^v.hied r, lm inmcr ai .3 6
miljoin Ii'kiatia:




Algemene inligting

Toegang
Die Kalahari-gemsbok Nasionale Park is ongeveer 358
km van Upington af in die verre noord-Kaap en 904 km
vanaf Johannesburg gele6. Daar is twee roetes na die
park. Die een roete gaan oor Upington en die ander een
oor Kuruman, Hotazel en Vanzylsrus. Die hek by die
Mata Mata-ruskamp op die Namibiese grens is gesluit.
Toegang van en na Namibie is dus onmoontlik behalwe
oor Aroab/Rietfontein.


Klimaat
Die gebied is droog met 'n jaarlikse renval van 200 mm
wat meesal tussen Januarie en April val. Somer-
dagtemperature kan 400C oorskry. Die winterdae is son-
nig maar nagtemperature daal dikwels tot wonder
vriespunt.





Fauna en flora
Die Kalahari-gemsbok Nasionale Park is die tuiste van die
Kalahari-leeu, die gemsbok en die tsamma. Die park
word geken aan die rooi sandduine met hul yl plantegroei
en die droe rivierbeddings van die Nossob en die Auob
waar die kameeldoring, vaalkameeldoring, swarthaak,
rosyntjiebos en driedoring groei.
Die meeste van die diere woon in die droe rivierbed-
dings. Daar is gemsbok, blouwildebees, eland, springbok,
rooihartbees, duiker en steenbok. Behalwe leeus, word
ander roofdiere soos wonder meer luiperd, jagluiperd,
gevlekte hiena, hiWna, wildehond en swartrugjakkals ook
hier aangetref. Ten minste 215 voilspesies is al hier
aangeteken.


Aankoms en vertrek
Besoekers mag hul huisvesting vanaf 12:00 op die dag van
aankoms betrek en word versoek om dit voor 09:00 op die
oggend van hul vertrek te ontruim.


Reistye en afstande
Die Kalahari-gemsbok Nasionale Park is ver van dorpe en
stede gele6 en dit is dus baie belangrik dat besoekers
vroeg in die park arriveer as hulle in Nossob of Mata
Mata moet oornag. Niemand mag na donker in die park
reis nie. Besoekers wat van een ruskamp na 'n ander reis,
moet voor 12:00 vertrek om te verseker dat hulle voor
sononder hul bestemming bereik. Reistyd van die toe-
gangshek by Twee Rivieren tot by Nossob is 3 ure en tot
by Mata Mata 2% ure.


Toegangshekure
Januarie en Februarie 06:00 19:30
Maart 06:30 19:00
April 06:30 18:30
Mei 07:00 18:00
Junie en Julie 07:30 18:00
Augustus 07:00 18:30
September 06:30 18:30
Oktober 06:00 19:00
November en Desember 05:30 19:30





Verblyf en geriewe
Alle eenhede word daagliks gediens en is van beddegoed.
handdoeke, seep, kook- en eetgerei voorsien. Besoekers
moet hul eie swemhanddoeke voorsien.

Ekstra beddens
Slegs die vermelde aantal beddens is beskikbaar. In
sekere gevalle mag besoekers toegelaat word om self 'n
ekstra kampbed en beddegoed vir een bykomende kind
te voorsien. Raadpleeg u naaste besprekingskantoor vir
nadere besonderhede. 'n Beperkte aantal bababeddens is
beskikbaar en kan slegs met aankoms in die park
bespreek word.



Akkommodasie

1. Twee Rivieren-ruskamp
Drie- of vierbed chalets
Die chalets het almal een slaapkamer met lugversorging
en drie enkelbeddens. Sommige eenhede het 'n ekstra
bed in die woonarea. 'n Badkamer (met stort) en 'n
volledig toegeruste kombuis met 'n tweeplaatstoof (son-
der oond) is beskikbaar.

Chalets met twee enkelbeddens en 'n dubbel-
slaapbank
Die chalets bestaan uit 'n sit/slaapkamer met lugversorg-
ing, 'n badkamer (met stort), 'n volledig toegeruste kom-
buis met 'n tweeplaatstoof (sonder oond) en 'n yskas.

2. Mata Mata-ruskamp
Sesbed-gesinshuise
Elke gesinshuis het twee slaapkamers, elk met twee
enkelbeddens, 'n badkamer (met stort) en 'n eetkamer
met twee enkelbeddens, 'n volledig toegeruste kombuis
met 'n tweeplaatstoof (sonder oond) en 'n yskas.

Driebed-hutte met gemeenskaplike
ablusiegeriewe
Die hutte bestaan uit een slaapkamer met drie enkelbed-
dens en 'n wasbak. Drie hutte deel een stort, bad en toi-





let. Daar is ook twee gemeenskaplike kombuise, elk met
'n aparte yskas, kook- en eetgerei vir elke hut. Elke kom-
buis het 'n gasstoof (sonder oond) en elke hut het 'n
veranda.


3. Nossob-ruskamp -
Sesbed-huis
Die huis het drie slaapkamers elk met twee enkelbed-
dens. Die hoofslaapkamer het lugversorging. Daar is 'n
badkamer (met bad), 'n aparte toilet, eetkamer, sitkamer
en volledig toegeruste kombuis. Daar is ook 'n toege-
boude veranda.

Sesbed-gesinshuise
Elke gesinshuis het twee slaapkamers met twee
enkelbeddens in elkeen, twee badkamers (elk met 'n
stort), 'n eetkamer met twee enkelbeddens, 'n volledig
toegeruste kombuis met 'n tweeplaatgasstoof (sonder
oond) en 'n yskas.

Driebed-hutte
Elke hut bestaan uit een slaapvertrek met drie enkelbed-
dens, 'n badkamer (met stort) en volledig toegeruste
kombuis met 'n yskas en 'n tweeplaatgasstoof (sonder
oond). Daar is ook 'n veranda.

Driebed-hut met gemeenskaplike ablusiegeriewe
Die hutte bestaan uit een vertrek met drie enkelbeddens
en 'n wasbak. Vier hutte deel een stort, twee baddens en
twee toilette. Daar is twee gemeenskaplike kombuise, elk
met 'n yskas en kook- en eetgerei vir elke hut. Daar is
gasstowe (sonder oond) en elke hut het 'n veranda.


Woonwa- en kampeergeriewe
Twee Rivieren, Nossob en Mata Mata het ablusie- en
braaigeriewe. Daar is kragpunte (vir haardroers) in die
ablusieblokke maar nie by die staanplekke nie.
'n Maksimum van ses person, een woonwa met 'n sytent
en een voertuig, of een tent en een voertuig, of een
autovilla, of een selfaangedrewe woonwa word per staan-
plek toegelaat. Waar daar slegs een klein tentjie gebruik
word, sal 'n tweede tent en 'n motorvoertuig op die staan-





plek toegelaat word mits die maksimum aantal person
nie oorskry word nie. Een addisionele voertuig sal teen
betaling van parkeergeld in die parkeerterein toegelaat
word.


Dienste
* Ontvangsure: Dieselfde as toegangshekure.
* Paaie: Die toegangspad asook die paaie in die park is
grondpaaie.
* Landingstroke: Ligte vliegtuie kan by Nossob, Twee
Rivieren en Mata Mata land. Toestemming moet
vooraf van die Parkhoof verkry word. Die aanloop-
baan by Twee Rivieren is geteer.
* Motorhuur: 'n Motor kan by Avis gehuur en in Twee
Rivieren afgehaal word, mits dit vooruit bespreek is.
* Elektrisiteit: Selfopgewekte krag (220V) is in Nossob
en Mata Mata beskikbaar: 'n halfuur voor die hek oop-
maak tot 08:30 en vanaf 17:00 tot 22:00. In Twee
Rivieren is elektrisiteit dwarsdeur die dag beskikbaar.
* Winkels: Winkelure stem ooreen met di6 van die toe-
gangshekke. Elke ruskamp het 'n winkel waar basiese
kruideniersware, koeldrank, cigarette, drank en aan-
denkings gekoop kan word. Vars groente en films is
nie beskikbaar nie. Vars vleis, margarien, brood en
eiers is slegs by Twee Rivieren verkrygbaar.
* Restaurant: Twee Rivieren het 'n a la carte restaurant.
Ure: 06:30 tot 21:00.
* Brandstof: Petrol en diesel is by al die ruskampe
beskikbaar.
* Motorhawe: Die naaste motorhawe is op Upington,
358 km.
* Mediese dienste: Die naaste dokter is in Upington.
* Telefoon: 'n Handsentrale is slegs gedurende kan-
toorure in working.
* Poskantoor: Die naaste poskantoor is in Upington.
Posseils word nie in die park verkoop nie.
* Polisie: Die naaste polisiestasie is by Witdraai, 70 km.
* Was- en strykgeriewe is beskikbaar by al drie
ruskampe.






Aktiwiteite
* Wildbesigtiging: Reistye wissel van 05:30 tot 19:30
gedurende die somermaande en 07:30 tot 18:00
gedurende die wintermaande.
* Swem: Twee Rivieren het 'n swembad vir gebruik
deur inwonende besoekers.
* Lesings en filmvertonings: Besoekers word in kennis
gestel van plekke en tye.


Regls
* Besoekers mag geen troeteldiere in 'n nasionale park
inbring nie.
* Vuurwapens moet met aankoms in die park verklaar
en by die hek verseil word. Die seel sal met vertrek
by die hek gebreek word.
* Alle vuurmaakhout moet verklaar word.


Wenke
* Onthou 'n verkyker, flitslig, warm klere vir die winter
en 'n baaibroek vir die somer.
* Skoene moet veral in die somer saans gedra word om
skerpioenbyte te voorkom.
* Hou 10 liter noodvoorraad water in u motor.
* Son u motor onklaar raak, bly by u motor aangesien dit
die veiligste plek is. Alle voertuie word saans gemoni-
tor en vermiste voertuie word gesoek.
* Raadpleeg die streekkantoor van die Automobiel-
Assosiasie vir padkaarte en besonderhede van die pad-
toestande buite die park.

Malaria
Neem 'n malariateenmiddel wanneer u die park besoek.
Raadpleeg u apteker hieromtrent.


Besprekings en betalings
Alle navrae en besprekingsaansoeke moet gerig word aan
die Nasionale Parkeraad by enige een van die volgende
kantore:







Posadres
Posbus 787 Posbus 7400
Pretoria Roggebaai
0001 8012
Straatadres
Leydsstraat 643 Langstraat 44
Muckleneuk Kaapstad
Pretoria
Telefoon
(012) 343-1991 (021) 22-2810
Faks
(012) 343-0905 (021) 24-6211
Kantoorure: Maandag-gVrydag
08:00-15:45 09:00-16:45

Besprekingsprosedure
* Skriftelike aansoeke wat 13 maande vooruit ontvang
word, sal voorkeur geniet. Besprekings word tussen
12 en 11 maande vooruit gedoen en bevestig. Ander
aansoeke word oorweeg na afhandeling van hierdie
aansoeke.
* Aansoeke om huisvesting of kampeerplek moet die
aantal person vermeld, die ouderdomme van kinders
wonder sestien jaar ten tye van die voorgenome besoek,
die aankomsdatum en die aantal nagte verlang asook
alternatiewe datums.
* Slegs die eenheid-tipe word bespreek. 'p%,1,' I. een-
heidnommers word deur die toeristebeampte in die
park toegeken.

Betalings en deposit's
* Tariewe word afsonderlik gepubliseer en is onder-
hewig aan verandering sonder voorafkennisgewing.
* Deposito's moet nie aansoeke vergesel nie. Die kor-
rekte bedrag sal aangevra word nadat die bespreking
gedoen is. Vooruitgedateerde tjeks word nie aanvaar
nie. Vir u gerief kan deposit's telefonies deur middel
van 'n kredietkaart betaal word. Besprekings wat
reeds bevestig is, is onderhewig aan kansellasiereels.
* Indien die tyd dit toelaat, sal 'n kwitansie by ontvangs
van u deposit ter bevestiging aan u gepos word. Did


Kaapstad


Pretoria





bewys moet met aankoms in die park getoon word.
Ten einde te verseker dat die bespreking korrek is,
gaan asseblief die inligting goed na en stel die
besprekingskantoor onmiddellik in kennis van enige
teenstlrdighede.

Korting
* Maatskaplike pensioenarisse (ouderdoins-, familie- of
ongeskiktheidstoelae, blindes en oudstryders), asook
alle pernnanente inwoners van die Republiek van Suid-
Afrika van 65 jaar en ouer, kom in aanmerking vir
korting op die gewone tariewe vir sekere tipes
huisvesting en kampeerplekke. Korting word nic op
maaltye en toegangsgelde toegestaan nie.
* Geen korting sal oor langnaweke of tydens provinsiale
skoolvakansies toegestaan word nie. Besoekers wat vir
korting in aanmerking wil kom, moet besonderhede
van a] vier provinsies se skoolvakansies bekom voordat
hulle die aansoek instuur. Waar seisoenkorting van
toepassing is, sal senior burgers/pensioenarisse slegs
een vorm van korting ontvang.
* Bewys van ouderdom of 1 ,lii i.. vir maatskaplike
pension moct met aankoms in die park gelewer word.
Geen kortingeise sal later uitbetaal word aan person
wat nie die nodige bewys tydens hul besoek kon lewer
nie. Skakel gerus u naaste besprekingskantoor vir
nadere besonderhede.

Adres van die park
Die Parkhoof
Kalahari-gemsbok Nasionale Park
Privaatsak X5890
GEMSBOKPARK OOR UPINGTON
8800
Tel: 0020 vra vir Gemsbok 901
Faks: 0020 vra vir Gemsbok 901

Afstand na Kalahari-gemsbok Nasionale
Park van
Bloemfontein 798 km
Johannesburg 904 km
Kuruman 385 km
Upington 358 km
Beria







National Parks of South Africa
Nasionale Parke van Suid-Afrika


1 Kruger National Park
2 Kalahari Gemsbok N.P.
3 Augrabies Falls N.P.
4 West Coast N.P.
5 Karoo N.P.
6 Wilderness N.P.
7 Tsitsikamma N.P.
8 Addo Elephant N.P.
9 Mountain Zebra N.P.
10 Golden Gate Highlands N.P.
11 Bontebok N.P.

National Parks without tourism
facilities
12 Marakele N.P.
13 Vaalbos N.P.
14 Zuurberg N.P.
15 Knysna N.L.A.
16 Tankwa-Karoo N.P.
17 Richtersveld N.P.


1 Nasionale Krugerwildtuin
2 Kalahari-gemsbok N.P.
3 Augrabies-waterval N.P.
4 Weskus N.P.
5 Karoo N.P.
6 Wildernis N.P.
7 Tsitsikamma N.P.
8 Addo-olifant N.P.
9 Bergkwagga N.P.
10 Golden Gate-hoogland N.P.
11 Bontebok N.P.

Nasionale Parke sonder
geriewe
12 Marakele N.P.
13 Vaalbos N.P.
14 Zuurberg N.P.
15 Knysna N.M.
16 Tankwa-Karoo N.P.
17 Richtersveld N.P.


e!q!weBN / iq!uLBN




University of Florida Home Page
© 2004 - 2010 University of Florida George A. Smathers Libraries.
All rights reserved.

Acceptable Use, Copyright, and Disclaimer Statement
Last updated October 10, 2010 - - mvs